Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 9 NOVEMBER 2014

Goeiemôre en welkom, jy kan nou luister na die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga wat gelees word deur ________________________ (naam, roepsein en QTH waar toepaslik).

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 plaaslike tyd 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 plaaslike tyd in Engels uit op HF en verskeie BHF en UHF herhalers landswyd. Vir Echolinkluisteraars is daar ‘n herleiding deur ZS0JPL. ‘n Potgooi is ook beskikbaar op die SARL webblad.

Hierdie oudio bulletin kan van die Suid-Afrikaanse Radioliga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word. ‘n Teksweergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e/pos te ontvang.

IN DIE NUUS VANDAG

EERSTE WÊRELDOORLOG HERINNERINGSDAG DIENS VANDAG

2015 SARL KONVENSIE IN BLOEMFONTEIN

en

KOMENDE KOMPETISIES

Bly ingeskakel vir meer hieroor en ander nuus

** Om ongeveer 05:00 UTC Op Maandag 11 November 1918, 96 jaar gelede, was die wapenstilstandooreenkoms in 'n spoorwegwa van Maarskalk Foch se spesiale trein in die bos by Rethondes in Frankryk aan die westelikefront onderteken. Om 11:00 UTC op Maandag die 11de November 1918 het die brul van kanonne skielik opgehou. Vrede en stilte het uiteindelik oor die westelikefront geheers en het ook sodoende die einde van die Eerste Wêreldoorlog aangekondig. Daar word geskat dat nagenoeg 9,5 miljoen soldate, matrose en vlieëniers van alle kante in die Groot Oorlog gesterf het.

Die radio amateur gemeenskap herdenk vandag Herinneringsdag. `n Spesiale Herinneringsdag diens sal vandag teen ongeveer 10:45 plaaslike tyd deur Ds. Jan Kramer, ZS6JRK, uitgesaai word as deel van Amateur Radio Today. Klubs kan ook die program vir plaaslike uitsending aflaai na 11:00 vandag. Die oudio-lêer kan van die Suid-Afrikaanse Radioliga webblad afgelaai word. Klik op Amateur Radio Today en volg die skakels

Alle radio-amateurs word versoek om radiostilte te handhaaf tydens die diens, wat Suid-Afrikaners sal onthou wat in diens van hul land aan die oorlogsfront gesneuwel het.

** Bloemfontein, die Stad van Rose, sal gasheer wees vir die volgende 2015 Suid-Afrikaanse Radioliga Nasionale Konvensie. Die konvensie sal aangebied word deur die Bloemfontein Amateurradioklub by die Bains Game Lodge van 17 tot 19 April 2015.

Bains Lodge is geleë op 42 ha van prima grond, 2 km wes van die Bloemfontein grens en bied 'n verskeidenheid van akkommodasie opsies elke behoefte en begroting te pas. Wi-Fi hotspots en voldoende veilige parkering is beskikbaar vir jou gerief.

Op 'n omgewing vlak, is dit opmerklik dat die natuurlike habitat van plante en 'n aantal wildspesies, insluitend springbokke en kameelperde, is in deeglike oorweging geneem met elke deel van die beplanning, wat verder bydra tot die idilliese skoonheid van Bains Lodge. Teken die datum, 17 tot 19 April 2015 nou alreeds in jou dagboek aan. Meer besonderhede sal binnekort op die Suid-Afrikaanse Radioliga web beskikbaar wees.

** Die 2015 ARRL handboek met `n harde buiteomslag is nou beskikbaar by die SA Amateurradioontwikkelingstrust se aanlynboekwinkel. Volle posbesonderhede en bestelvorms is beskikbaar by www.amateurradio.org.za. Kaapstad bestellings wat ontvang word voor of op 9 November, kan afgehaal word in Kaapstad by die Easy Stay Hotel in Channel Walk, Century City, op 11 November 2014.

Jy luister na 'n bulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga en nou nog nuus van die liga

** Aansoek om lidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Radioliga is ontvang van Jean-Jaques Bothma, ZR6BJJ.

Enige besware teen die aanvaarding van die aansoeke moet die Suid-Afrikaanse Radioliga Sekretaris voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin bereik. Lidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Radioliga staan tans op 1 587 lede wat die nuut geslaagde RAE kandidate insluit. Daar is 34 geaffilieerde klubs.

** Vanmiddag om 12:00 UTC kan jy deel te neem aan die Port Elizabeth Ama-teurradiovereniging se HF kompetisie met ESB aktiwiteite op 20, 15 en 10 meter. Die kompetisie eindig om 16:00 UTC. Roepseine en 'n RS-verslag word uitgeruil. Jy kan deelneem as 'n enkeloperateur basis- of veldstasie of 'n multi-operateur basis- of veldstasie. Stasies word toegelaat om maksimum kraguitset te gebruik volgens die land se regulasies vanwaar `n stasie aktief is.

Een punt word toegeken vir elke QSO. 'n Stasie mag een keer per band gekontak word. Veldstasies moet hul telling vermeerder deur twee en 'n verdere ver-menigvuldiger van twee is beskikbaar indien die stasie gebruik maak van 'n nie-wins antenna met verwysing na 'n dipool. Die telling word dan vermenigvuldig met die aantal lande gekontak.

Logstate moet voor of op 24 November 2014 ingedien word by die Port Elizabeth Amateurradiovereniging, Posbus 10402, Linton Grange, Port Elizabeth, 6015 of per e-pos gestuur word aan contest@peham.co.za. Lees meer oor die kompetisie op bladsy 45 van die Kompetisiehandleiding.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga Nasionale Velddag en Suid-Afrikaanse Radioliga BHF/UHF Kompetisie is op die lug vanaf 10:00 UTC op Saterdag 15 November en eindig 24 uur later.

Vir die Nasionale Velddag kan gelykgolf-, foon- en digitale-werking gebruik word van 160 tot 10 meter. 'n RS of RST verslag, die aantal radios, velddag-klas en die provinsiale afkorting word uitgeruil. Daar is ses afdelings waaraan deelgeneem kan word en sluit onder andere in veldstasies, ultra-ligte stasies en tuisstasies.

Stasies kan 24 uur voor die kompetisie opgerig word, terwyl tente en karavane enige tyd opgerig kan word. QSOs met ZS stasies tel 5-punte en QSOs met DX-stasies tel 1 punt. Daar is ook krag, provinsiale en klas vermenigvuldigers. 'n Excel-logstaat is beskikbaar by www.zs4bfn.co.za/downloads.asp. Logs moet voor of op 24 November aan zs4bfn@gmail.com gestuur word. Die reëls is beskikbaar op bladsy 18 van die Kompetisiehandleiding.

Tydens die Suid-Afrikaanse Radioliga BHF/UHF Kompetisie kan jy op 6, 4 en 2 meter, 70 en 23 cm en selfs hoër werk met gelykgolf, ESB, FM en digitale modusse. Daar is vyf kategorieë van deelname met 'n paar subkategorieë. Die uitruiling is 'n RS of RST verslag, roepseine en 'n sessyfer ruitverwysing. Punte word bereken as een (1) punt per km tot 'n maksimum van 1 500 km. Alle kilometer berekeninge word gemaak met behulp van die "Maidenhead" ruitverwysingstelsel. Dan is daar band-, stasie- en ruit-ver-menigvuldigers. Logs moet teen 24 November 2014 aan contest@sarl.org.za gestu-ur word. Die reëls is op bladsy 24 van die Kompetisie Handleiding.

** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die sonaktiwiteitsvlak na laer vlakke gaan terugkeer. Sonvlek 2205 het 'n komplekse magneet veld en kan die bron van M- en X-klas sonfakkels wees. Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 87.

Amateurs gaan die 20 tot 10 m DX-bande geniet met 'n goeie waarskynlikheid vir opwindende 10 m openinge. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

DAGBOEK

Vandag - Herinneringsdiens uitsending vandag om 10:45 plaaslike tyd en die PEARS HF kompetisie om 14:00 plaaslike tyd
10 November - Sluitingsdatum vir 2015-kompetisiehandleiding insette
11 November - Wapenstilstand Dag
15 en 16 November - Suid-Afrikaanse Radioliga Nasionale Velddag sowel as die Suid-Afrikaanse Radioliga BHF en UHF kompetisie
29 en 30 November - CQ WW DX GG kompetisie

Ons sluit vanmôre se bulletin met ‘n vinnige terugblik op ons hoofstorie:

Luister vandag om 10:45 na die jaarlikse herinneringsdiens wat gedurende Amateur Radio Today uitgesaai word.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 sentraal Afrika tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082, 7 205 en 17 760 kHz. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor die land. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 sentraal Afrika tyd op 4 895 kHz plaas. Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die newsinbox skakel te plaas nie later as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan nie.

Jy het geluister na ‘n nuusuitsending van die Suid Afrikaanse Radio Liga saamgestel deur Johann du Plessis, ZS6PSS, geredigeer deur Dawie Conradie ZR6DHC en gelees deur ...................................................................................

Die Afrikaanse nuusspan groet nou en wens jou 'n mooi week toe.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003